Anel: 'n ware tuiskoms
Toe die akteurspaar Anel en James Alexander vyf en 'n half jaar terug hul tasse gepak het om hul blink Hollywooddroom na te jaag, het hulle geen illusies gekoester nie. “Ek en James het nie weg van iets gehardloop nie, maar na iets toe,” sê Anel. “Ons wou eerstehands meer van die vermaaklikheidsbedryf in Amerika leer en brûe tussen Suid-Afrika en Amerika bou.” Anel en James het hul huiswerk deeglik gedoen. Hulle het Los Angeles twee keer verken voordat hulle die yslike sprong gewaag het en deur al die prosesse gegaan het om Amerikaanse bmgerskap te kry. “Ons het voor ons groot skuif wêreldwyd gereis, maar dit is inderdaad anders om op 'n plek te gaan woon as om daar vakansie te hou,” vertel sy. Van tamaai groot sakke sout saam opeet, kan…